Kritiek teenoor BoN vir koersverhoging

Ekonome meen die verhoging in die bank terugkoopkoers wat vanoggend deur die sentrale bank aangekondig is, verdere druk op huishoudings en besighede sal plaas omdat die siklus van verhogings eers teen die begin van 2023 tot ‘n einde sal kom. Die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee sal weer einde November vanjaar vergader en die laaste rentekoers vir 2022 op 30 November aankondig. Kenners meen die herhaalde verhogings beteken dat monetêre beleid beperkend word vir die ekonomie wat talle plaaslike groei-uitdagings ervaar. Gabriel Erastus, ‘n plaaslike ekonoom het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê daar kan meer gedoen word.