Kritiek teen Katar is oningelig

Die sekretaris-generaal van vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Katar sê sy land moenie verskoning vra omdat hulle die internasionale spoggeleentheid aanbied nie. Hassan Al-Thawadi het gereageer op kritiek oor Katar se menseregte-rekord, insluitend streng maatreëls teen die LGBTQ-gemeenskap en kommer oor die behandeling van trekarbeiders. Media berig dat Al-Thawadi sê sekere mense het verklarings gemaak wat hy as oningelig beskou en dat die sokkermal Katarese die reg het om die wêreld se siening van hulle land te verander.