Kriptogeld-bedrog styg

Oor die afgelope jaar het kriptogeld-bedrog aansienlik verhoog wat reuse-verliese van miljarde Namibiese dollar vir individue en maatskappye meegebring het. Met Bitcoin as die bekendste kriptogeld-eenheid, het handel in dié geldeenheid talle bedrieërs gelok wat mense uitbuit. Bank Windhoek se bestuurder vir forensiese dienste, Johnny Truter, waarsku die publiek om baie versigtig te wees. He het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat kripto-bedrieërs nie veel verskil van tradisionele finansiële swendelaars nie.