VN: Wanbalans met verspreiding van inentings

Volgens die Verenigde Nasies is daar ‘n wanbalans in die verspreiding van Covid-19-inenting met Afrika-lande wat slegs twee persent van inentings wêreldwyd gekry het. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, het gesê daar moet gelyke toegang tot inentings wees. Die uitvoerende direkteur van die Namibiese gesondheidsministerie Ben Nangombe het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat Afrika sal moet opskud om inentings in die hande te kry.