Krieketk: Pretoria Capitals seëvier in SA20

Krieket: Philip Salt se onoorwonne 77 van 47 balle het Pretoria Capitals Donderdagaand in Gqeberha ‘n oorwinning van 23 lopies besorg in hulle SA20-kragmeting teen die Sunrisers Eastern Cape. Salt se vertoning het die besoekers se telling op 193 vir ses te staan gebring met Ottniel Baartman en Aiden Markram wat elk twee paaltjies platgetrek het. Die tuisspan kon nooit momentum opbou wat lopies betref nie. Hulle het aanhoudend paaltjies verloor en is tot 170 vir vyf beperk met Jon-Jon Smuts wat 66 lopies bygedra het.