Krieket: Wiese se kontrak by IPL is sowat N$2 miljoen

Krieket: Naas David Wiese wat die eerste Namibiese krieketspeler is om ’n kontrak in die Indiese Premierliga los te slaan, was die linkerarm snelbouler Ruben Trumpelmann die ander Namibiër op die lys van spelers wat by die veiling beskikbaar was, maar is nie opgeroep nie.  Wiese se dienste is vir nagenoeg 2 miljoen Namibiese dollar by die Kolkata Knight Riders by die spelersveiling vasgeknoop. Die 2023 IPL, die 16de seisoen van die kompetisie, sal op 25 Maart begin en tot 28 Mei duur. Die 37-jarige Wiese het in 2015 sy debuut in die liga vir die Royal Challengers Bangalore gemaak.