Krieketwedstryd tussen Proteas en Aussies weens reën vertraag

Krieket: Australië het op dag drie van die tweede toets teen Suid-Afrika op die Melbourne-krieketveld op 575 vir 8 verklaar. Die veelsydige Cameron Green en Mitchell Starc het die gasheer geneem tot  ‘n voorsprong van 386 lopies. Die Australiese paaltjiewagter Alex Carey het vroeër sy eerste honderdtal van slegs 133 balle aangeteken. Die Suid-Afrikaners is in hul eerste beurt vir 189 uitgehaal. Hulle het hul tweede beurt op die swakste moontlike noot begin toe kaptein Dean Elgar sy paaltjie verloor het sonder om enige lopies aan te teken. Die wedstryd is sedertdien deur reën vertraag, met die Proteas op 15 vir een.