Krieket: Swart Pette klop Indië oortuigend

Krieket: Die gasheer, Nieu-Seeland, het Indië oortuigend verslaan met sewe paaltjies in ‘n eendagwedstryd in Auckland. Indië het ʼn uitstekende 306 vir sewe aangeteken met 80 deur Shreyas Iyer en 72 deur die kaptein, Shikhar Dhawan. Tim Southee het drie paaltjies geneem. Tom Latham het daarna ʼn onoorwonne 145 van net 104 balle gemoker, met puik ondersteuning van die kaptein, Kane Williamson, met 94 nie uit nie. Hulle onoorwonne vennootskap om die vierde paaltjie het 221 lopies bygedra en die Swart Pette het die teiken verbygesteek met nog 17 balle oor. Die tweede kragmeting in die reeks van drie word Sondag in Hamilton gespeel.