Krieket: Siraj vervang beseerde Bumrah in T20 teen Proteas

Krieket: Indië se keurders het Mohammed Siraj gekies as plaasvervanger vir Jasprit Bumrah wat weens ‘n rugprobleem moes onttrek aan die oorblywende twee T20’s teen Suid-Afrika. Siraj het in Februarie die laaste van sy vyf T20’s vir sy land gespeel en word hoofsaaklik beskou as ‘n toetsspeler, maar het vroeër die maand vyf paaltjies platgetrek in ‘n wedstryd vir sy Engelse graafskap, Warwickshire. Indië het die eerste T20 met agt paaltjies gewen. Die tweede kragmeting vind môre in Guwahati plaas en die laaste een Dinsdag in Indore.