Krieket: SA se nuwe T20-liga word weer onderbreek

Krieket: Suid-Afrika se nuwe T20-liga, die SA20, sal onderbreek word deur ʼn eendagreeks van drie wedstryde tussen die Proteas en Engeland. Die reeks is in Desember 2020 uitgestel weens die uitbreek van Covid-19 in albei kampe. Die Proteas moet die wedstryde speel om punte vir die Wêreldbeker-Superliga te behaal, sodat hulle regstreeks kan kwalifiseer vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Indië. MI Cape Town en die Paarl Royals skop die SA20 op 10 Januarie in Kaapstad af en die eindstryd word op 11 Februarie op die Wanderers in Johannesburg gespeel.