Oudpremier van Pakistan sê hy is vooraf oor aanval gewaarsku

Die voormalige premier van Pakistan, Imran Khan, sê drie koeëlpunte is uit sy regterbeen verwyder nadat hy in ‘n skietvoorval gewond is. Hy is verlede Donderdag in ‘n beweer sluipmoord-aanval op hom by ‘n politieke saamtrek gewond. Hy sê daar is nog skrapnel in sy linkerbeen oor en sy regterbeen is in gips. Die krieket-ster sê weens sy voormalige amp het hy nog “konneksies” in die intelligensie-gemeenskap en hy is oor ‘n moontlike aanval gewaarsku. Khan verwelkom die Pakistanse regering se kommissie wat aangewys is om die voorval te ondersoek.