Krieket: SA gereed vir splinternuwe T20-liga

Krieket: Alles is gereed vir die begin van Suid-Afrika se splinternuwe T20-liga, die SA20. Die twee Kaapse spanne, MI Cape Town en Paarl Royals, sal môremiddag om half-ses die aksie aan die gang sit op ‘n propvol Nuweland.  Al die kaartjies is reeds uitverkoop. Die ses spanne in die kompetisie sal dit oor die volgende paar weke uitspook om totale prysgeld van 70 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die ander vier spanne is van Johannesburg, Pretoria, Durban en Gqeberha. Die eindstryd vind op die 11 Februarie op die Wanderers in Johannesburg plaas.