Krieket SA bevestig ses konsessie-eienaars vir T20-liga

Krieket: Krieket Suid-Afrika het die ses konsessie-eienaars vir Suid-Afrika se nuwe T20-liga bevestig. Die eerste toernooi word vroeg volgende jaar gespeel. Die liga se kommissaris, Graeme Smith, sê 29 groepe het aansoek gedoen en ‘n finansiële maatskappy is aangestel om die finale ses te kies, wat almal eienaars is van Indiese Premierliga-spanne. Tien stadions is aangebied, maar Nuweland in Kaapstad, Kingsmead in Durban, St George-park in Gqeberha, die Wanderers in Johannesburg, Bolandpark in die Paarl en SuperSportpark in Centurion was die uiteindelike keuses.