Krieket: Richelieu Eagles wen met 48 lopies

Krieket: Namibië se Richelieu Eagles het vandag vir Papua Nieu-Guinee op die United-krieketvelde in die hoofstad met 48 lopies gewen. Die Eagles het eerste gekolf en 381 lopies aangeteken. Papua Nieu-Guinee kon net 333 lopies in die 50 boulbeurte behaal. Namibiese Kaptein Gerhard Erasmus is as die speler van die wedstryd aangewys. Ses spanne ding op die oomblik tot 5 April in Windhoek mee in hul hoop om ‘n plek na Zimbabwe in Junie te bespreek vir die IKR Wêreldbeker-kwalifikasie