Krieket: Proteas is op pad pad na Indië

Krieket: Die Proteas is op pad na Indië vir ‘n witbaltoer van drie T20’s en drie eendagwedstryde, met die eerste T20 reeds Woensdag. Die toer dien as voorbereiding vir die T20 Wêreldbekertoernooi volgende maand in Australië. Dit is Mark Boucher se laaste twee verpligtinge as hoofafrigter van die Proteas, maar die witbalkaptein, Temba Bavuma, glo dit sal ekstra motivering wees.