Krieket: Phangiso bly geskors

Krieket: Die linksdraaier van die Joburg Super Kings, Aaron Phangiso, het verlede week ʼn geakkrediteerde ontleding van sy boul-aksie by die Universiteit van Pretoria ondergaan, onder die toesig van die Internasionale Krieketraad. Die ontleding bevestig Phangiso se boul-aksie is verdag soos uitgewys deur die onafhanklike boulaksie-paneel van die SA20. Phangiso mag dus steeds nie in die SA20 boul nie. Die Joburg Super Kings het toestemming gevra om Phangiso onverwyld met Kyle Simmonds te vervang.