Krieket: Oudkaptein van Protea-vroue tree uit

Krieket: Die Protea-vroue se gewese kaptein, Dané van Niekerk, het bevestig sy tree uit alle internasionale krieket na ‘n loopbaan van langer as 14 jaar. Die 29-jarige veelsydige speler het ‘n indrukwekkende loopbaan vir Suid-Afrika gehad en haar land by 194 geleenthede verteenwoordig. Dit sluit 107 eendagwedstryde, 86 T20s en ‘n enkele toets teen Indië in 2004 in. Van Niekerk het 2 175 lopies in eendagkrieket geslaan en 1 877 in T20s. Die draaibouler het ook altesaam 204 internasionale paaltjies geneem. Sy speel tans vir Royal Challengers Bangalore in die Vroue-premierliga in Indië.