Krieket: Net trots op die spel vir Proteas

Krieket: Daar is net trots op die spel vir Suid-Afrika in die derde en laaste toets teen Australië wat môre op die SCG in Sydney begin. Dit volg nadat die gashere oortuigende oorwinnings in die eerste twee wedstryde in Brisbane en Melbourne behaal het. Vir die Aussies sal skoonskip in die reeks feitlik verseker dat hulle in die eindronde van die Wêreld-Toetskampioenskap speel. Die Protea-bouler, Marco Jansen, sê hy sal hom daarop toespits om die beste vir sy land te lewer.