Krieket: Namibië, SA en Zimbabwe gaan 2027 eendag-Wêreldbekertoernooie aanbied

Krieket: Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe is aangewys as mede-gasheerlande van 2027 se eendag-Wêreldbekertoernooi. Die Internasionale Krieketraad het die gasheerlande vir die volgende agt internasionale toernooie aangekondig. Amerika en die Windies gaan 2024 se T20-Wêreldbekertoernooi aanbied, en Pakistan die Kampioenetrofee die jaar daarna. Indië en Sri Lanka bied 2026 se T20-Wêreldbeker aan, en Australië en Nieu-Seeland die byeenkoms van 2028. Die Kampioenetrofee keer in 2029 terug na Indië. Engeland en Ierland is gashere vir 2030 se T20-Wêreldbekertoernooi, en Indië en Bangladesj bied die byeenkoms die jaar daarna aan.