Krieket: Maklike oorwinning vir Ausies teen Engeland  

Krieket: Australië het maklik die teiken bereik wat Engeland gestel het in die eerste eendagwedstryd in Adelaide. Die besoekers het gesukkel om 287 vir nege te haal ondanks Dawid Malan se tweede honderdtal. Hy het sy 134 van net 128 balle aangeteken terwyl die Australiese kaptein, Pat Cummins, en Adam Zampa albei drie paaltjies ingeoes het. David Warner en Travis het ʼn aanvangsvennootskap van 147 lopies vir die gasheer opgestapel, met tellings van 86 en 59 onderskeidelik. Steve Smith was onoorwonne op 80. Australië het met ses paaltjies gewen met 19 balle oor. Die tweede eendagwedstryd vind Saterdag in Sydney plaas.