Krieket: Lucknow en RCB meet môre kragte
Krieket: Die Royal Challengers Bangalore het Lucknow Super Giants met 14 lopies ore aangesit en takel die Rajasthan Royals môre in die tweede kwalifiseerder. Rajat Patidar het ‘n onoorwonne 112 van slegs 54 balle behaal en Bangalore gehelp om 207 vir vier in hulle 20 boulbeurte aan te teken. In antwoord hierop het Super Giants se kaptein, KL Rahul, 79 aangeteken, maar dit was nie genoeg om hulle telling bo 193 vir ses op te stoot nie. Australië se snelbouler, Josh Hazlewood, het drie paaltjies platgetrek vir net 43 lopies. Die wenner van môre se kragmeting kom Sondag in die eindwedstryd teen Gujarat Titans te staan.