Krieket: Laaste wedstryd vandag tussen Eagles en Karnataka

Krieket: Die Richelieu Eagles en Karnataka is tans besig met hul vyfde en laaste wedstryd in die Castle Lite-reeks op die United-velde in die hoofstad. Die Eagles het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen. Die Indiese span het tot dusver 229 lopies vir die verlies van agt paaltjies in 47 boulbeurte behaal. Karnataka loop tans drie-een voor in die eendag-reeks.