Krieket: Eagles speel eerste wedstryd in Windhoek teen VSA  

Krieket: Ses spanne gaan van 26 Maart tot 5 April in Windhoek meeding in hul hoop om hul plek na Zimbabwe in Junie te bespreek vir die IKR Wêreldbeker-kwalifikasie. Die Richelieu Eagles skop eerste op 26 Maart teen die VSA op die Wanderers-krieketvelde af. Namibië is tans vierde op die ranglys in die Liga Twee-reeks en sal moet uithaal om onder die top-twee te eindig in die kwalifiserende uitspeelwedstryd in Windhoek. Die vier ander spanne is die Verenigde Arabiese Emirate, Papua Nieu-Guinee, Kanada en Jersey.