PDM eis onmiddellike vrylating van aktiviste

Die amptelike opposisieparty in Namibië, die PDM, eis die onmiddellike vrylating van drie aktiviste. Een is hul parlementslid, Inna Hengari, asook  Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma gearresteer. Die party sê 21 Maart 2023 is inderdaad ‘n hartseer dag in Namibië se geskiedenis nadat die drie tydens die nasionale betoging teen werkloosheid in hegtenis geneem. Die drie verskyn eers môre in die hof. Die PDM se sekretaris, Manuel Ngaringombe sê aan Kosmos 94.1 die wette waarvolgens hulle gerarresteer is, dateer uit die apartheidsregering uit.