Krieket: Eagles klop Jersey met agt paaltjies

Krieket: Namibië se Richelieu Eagles het vandag vir Jersey op die Wanderers-krieketvelde met agt paaltjies gewen met nog 107 balle oor. Jersey het gekies om eerste te kolf en het 213 lopies vir die verlies van nege paaltjies aangeteken. Die Eagles het geantwoord met 216 lopies met die verlies van slegs twee paaltjies. Namibiese speler Michael van Lingen is as die speler van die wedstryd aangewys met sy 110 lopies. Intussen spook die VSA en die Verenigde Arabiese Emirate sake uit by die United-velde. Ses spanne ding tot 5 April in Windhoek mee in hul hoop om ‘n plek na Zimbabwe in Junie te bespreek vir die IKR Wêreldbeker-kwalifikasie.