De Ruyter sal voor Skoor verskyn

Eskom se voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, het ingestem om voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge, Skoor, te verskyn om bewerings van korrupsie, diefstal, wanbestuur en ander finansiële ongerymdhede by Eskom te verduidelik. Skoor het De Ruyter gevra om met die komitee in gesprek te tree. De Ruyter het ingestem om ʼn skriftelike voorlegging te doen en later persoonlik voor die komitee te verskyn. Die komitee se mandaat is om Eskom aanspreeklik te hou ten opsigte van finansiële administrasie, insluitende die verkryging van goedere en dienste.