Krieket: Aussies behaal toets-oorwinning oor Proteas

Krieket: Australië het ‘n toetsreeks-oorwinning oor Suid-Afrika behaal op dag vier van die tweede toets in Melbourne. Nadat die Proteas in hul eerste beurt almal uit was vir 189, het die Aussies met ‘n allemintige 575 vir 8 geantwoord en die Proteas die taak gestel om ‘n beurt-nederlaag te voorkom. Temba Bavuma en Kyle Verreynne het ‘n stewige vennootskap gebou, maar dit was nie genoeg nie. Die Proteas was almal uit vir 204, wat aan Australië ‘n oorwinning van ‘n beurt en 182 lopies besorg het. Australië loop nou met 2-0 voor in die toetsreeks van drie wedstryde, met die Sydney-toets op Nuwejaar wat nog voorlê.