Kredietverlening in private sektor groei

Die groei van die kredietverlening in die private sektor het tot 3,1 persent jaarliks verbeter, wat vanaf Maart met 1,1 persentasiepunte verhoog het, volgens Bank of Namibia. Die groei was hoofsaaklik te wyte aan die groei in verbandlenings aan individue wat 74,4 persent van die totale lenings uitgemaak het. Die totale uitstaande krediet in die private sektor beloop tans 105,2 miljard Namibiese dollar. Cheryl Emvula, ‘n ekonoom van Cirrus in Windhoek, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.