Kredietkaarte: Dit gaan lekker by die president

Meer inligting is bekend oor die kredietkaart debakel in die kantoor van die President. Bestuurders by staatshuis het in warm water beland na ‘n gekwalifiseerde ouditopinie oor sy besteding uitgespreek is en die Parlementêre Staande Komitee oor Openbare Rekeninge soek antwoorde. By die verhoor is die komitee gesê die ses kaarte was onbeperk en die limiete is aangepas soos hulle dit nodig gehad het. Van die ses personeellede wie se name op die kaarte was, kon die kantoor net bewys van die aanstelling van een voorsien. Een van die kaarte is in die naam van Geingob se persoonlike sekuriteitsbeamptes, Ndilipunye Modesto.