Kragtoevoer ná swaar reën in Helderberg herstel

Die Stad Kaapstad se Rampbestuur-sentrum werk saam met Eskom om die kragtoevoer te herstel in die Helderberg-omgewing ná swaar reënval. Die Jakkalsvlei-kanaal, Lourensrivier en Kayserrivier se oewers het oorstroom en aansienlike skade aangerig. Die Palmietrivier wat in Grabouw afgekom het, het ook kragonderbrekings veroorsaak en ‘n Shoprite-winkel is omring deur water. Verskeie informele nedersettings, onder meer in Philippi, die Strand en Khayelitsha, is oorstroom. Die sentrum se woordvoerder, Charlotte Powell, sê skadebepaling en noodlenigings-pogings duur voort.