Kouga nie geraak deur besmette waterkrisis in Nelson Mandelabaai

Die DA in die Oos-Kaap sê die watertoevoer in die Kouga-plaaslike munisipaliteit is veilig om te drink en is nooit geraak deur die besmette waterkrisis wat die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit onlangs geruk het nie. Die munisipaliteit se waarnemende uitvoerende direkteur vir infrastruktuur en ingenieurwese, Joseph Tsatsire, het dié inligting voorsien nadat die party vrae ingedien het oor die veiligheid van Kouga se toevoer vanaf die metro. Retief Odendaal van die DA sê die munisipaliteit is steeds in die greep van een van die ergste droogtes op rekord.