Koue kom môre vir Suide, Weste

Die Metereologiese Dienste van Namibië het ‘n weerwaak uitgereik met koue en winderige toestande wat môre in die Suide en Weste verwag word. Dit sal Vrydag na die sentrale en oostelike dele uitbrei. Enkele ligte buie word môre in die ||Kharasstreek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. Richard Nashikaku van die Weerkantoor gesels met Kosmos 94.1 Nuus.