Koue help goeie vette in jou liggaam aan

In ‘n onlangse oorsig van meer as 100 studies het wetenskaplikes bevind wanneer die liggaam aan koue lug, en veral koue water blootgestel word, word wit vetweefsel omgesit in bruin vetweefsel. Die bruin vetweefsel is ‘n “werkende vet”, in teenstelling met vet wat geberg word. Dit verbrand kalorieë om die liggaamstemperatuur te handhaaf en om die koue af te weer, anders as wit vet, wat energie berg. Die Good News Network berig kenners sê blootstelling aan koue lug of water, of krio-terapie, kan help om vetsug en kardiovaskulêre siektes te voorkom.