Koud en nat in die Kaap, met wind

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n Oranje Vlak Ses-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën, wat vandag en môre kan lei tot verkeersprobleme in die Stad Kaapstad en die meeste dele van die Kaapse Wynlande. Dit kan ook lei tot die oorstroming van paaie en nedersettings, en skade aan eiendom en infrastruktuur veroorsaak. Die weerkundige, Molebohene Manthata, sê ’n snelbewegende kouefront sal ook vandag ysige koue, reënweer in die Oos- en Noord-Kaap veroorsaak: