Kostes word met lojaliteitsprogramme die feestyd gedek
Baie verbruikers maak gebruik van lojaliteitsprogramme om voedselkoste hierdie feestyd te dek. Volgens die Truth and BrandMapp Loyalty Whitepaper vir 2022 is kopers in Suid-Afrika baie meer lojaal as hulle eweknieë in groot Afrika-streke. Groot kleinhandelaars span lojaliteitsinisiatiewe in om kliënte te behou. Die kundige oor mense en hulle geld, Nthabi Monage, sê 73-persent van ekonomies aktiewe Suid-Afrikaners behoort aan lojaliteitsprogramme want dit is ‘n doeltreffende manier om te spaar: