DRK voltooi tweede dag van stemmery

Die Demokratiese Republiek van die Kongo het ‘n tweede dag van verkiesings in chaotiese toestande afgesluit nadat logistieke probleme amptenare gedwing het om die stemmery te verleng. Dit moes net Woensdag duur maar sommige stemlokale het nie oopgemaak nie met ander wat geen materiaal gehad het nie. Sommige opposisiekandidate en waarnemers sê die ongeskeduleerde verlenging van die stemming kan die uitslae oopmaak vir regsuitdagings. Die DRK, een van die armste lande ter wêreld ten spyte van sy groot reserwes van koper, kobalt en goud, het ‘n geskiedenis van betwiste verkiesings wat gewelddadig kan word.