Koskrisis is deur die Weste veroorsaak – Rusland

Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, verwerp bewerings dat Moskou verantwoordelik is vir die wêreldwye koskrisis. Hy besoek tans Afrikalande soos Egipte, Uganda, Ethiopië en die Kongo. Oekraïne en Rusland verskaf gewoonlik meer as 40 persent van Afrika se koring. Lavrov sê Westerse nasies verdraai die waarheid oor die uitwerking van sanksies op wêreldwye voedselsekerheid. Hy beskuldig Westerse lande dat hulle ander probeer domineer.