SA se taxi-verligtingsfonds is nie slenter nie

Die Suid-Afrikaanse vervoerdepartement ontken bewerings dat die buurland se taxi-verligtingsfonds ‘n skelmstreek is en dat wettige taxi-eienaars wat kwalifiseer, ontmoedig word om daarvoor aansoek te doen. Die fonds is gestig om taxi-eienaars te help met die negatiewe uitwerking van die nasionale inperking wat in Maart 2020 ingestel is om Covid-19-verspreiding te bekamp. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, sê hulle gaan voort om taxi-eienaars aan te moedig om te registreer en hulle toelaag uit die fonds te ontvang: