Koshuisbrand dood 13 leerders in China
‘n Brand het in slaapsale by ‘n koshuis vir laerskoolleerders in China se sentrale Henan-provinsie uitgebreek en 13 kinders se lewens geëis. Die slagoffers is almal graad 3-leerders. China se staatsmedia berig die skool se eienaar word aangehou. Een persoon is uit die gebou gered en word in die hospitaal behandel. ‘n Berig van Xinhua lui die skool het metaalroosters voor die vensters gehad, wat algemeen in geboue in China gebruik word. Sestien kinders is veilig ontruim.