Kosbank kan meer as 1,7 miljoen maaltye voorsien

Die lewensreddende voedselhulp wat deur Suid-Afrika se grootste kosbank, FoodForward SA, voorsien word, het ‘n noodsaaklike kontantinspuiting van 1 miljoen Namibiese dollar by Coronation Fund Managers ontvang. Die direkteur van FoodForward SA, Andy du Plessis, sê dit sal help om meer as 1,7 miljoen maaltye aan meer as ‘n duisend begunstigde organisasies te skenk. Du Plessis sê ‘n derde van alle kos in die land word vermors, en dit is waar hulle ‘n rol speel.