Kos vir skoolvoeding – dis amper op pad

Die Namibiese onderwysministerie het kos vir hul skoolvoedingsprogramme aangekoop en wag vir die kos om afgelewer te word. Toe die skole op 4 Augustus oopgemaak het, was daar geen kos om aan leerders te gee wat afhanklik van die voedingsprogramme is nie. Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië het die groen lig aan die onderwysministerie aan die begin van Mei gegee om die noodverkrygingsproses uit te voer, maar die proses is nog nie gefinaliseer nie. Alhoewel die laaste besending van kos al einde Junie in die streke moes wees, is daar nog nie kos aan die skole afgelewer nie. Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur van die ministerie, praat met Kosmos 94.1 Nuus.