Korrupte amptenare verdien nie om geprys te word nie

Namibië se Teenkorrupsie-kommissie is steeds besig met sy reeks openbare vergaderings om insette in te samel vir die tweede nasionale teenkorrupsiestrategie en plan van aksie vir 2021 tot 2025. In die hoofstad het die kommissie se direkteur-generaal Paulus Noa, aan beamptes van die Windhoek-munisipaliteit, die stadsraad, staatsondernemings en tradisionele owerhede gesê die benadering oor rykdom wat deur korrupsie en geldwassery verkry is moet verander. Persone wat geld op ‘n oneerlike manier bekom het, moet nie geprys word nie. Dié wat omkoopgeld aanbied of aanvaar in ruil vir die lewering van dienste, moet ontbloot, verwerp en waar toepaslik voor die hof verhoor word, of administratiewe geregtigheid in die gesig staar.