Emirates hervat SA-vlugte

Die lugvaartreus Emirates het bevestig dat hy vanaf Woensdag weer vlugte vanuit Indië, Suid-Afrika en Nigerië na Dubai sal hervat. Die lugdiens moes vlugte uit die lande opskort weens ‘n toename in Covid-19-gevalle. Emirates sê hy verwelkom die nuutste protokolle en maatreëls wat deur Dubai se komitee vir krisis- en rampbestuur aangekondig is om passasiersreise vanaf Indië, Suid-Afrika en Nigerië na Dubai met veiligheid te hervat. Die lugdiens sê hy sien daarna uit om reise vanuit hierdie lande te vergemaklik en verskeie reiskategorieë te ondersteun.