Korrupte amptenaar in Tshwane vasgetrek

Tshwane se burgemeester Randall Williams sê hulle is ernstig om die stryd teen korrupsie op alle vlakke uit te wis. Dit volg nadat ‘n lisensiebeampte by die Akasia-lisensie-afdeling weens omkopery en bedrog in hegtenis geneem is. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Paaie en Vervoer, Dikeledi Selowa, sê die beampte het na bewering ‘n klaer versoek om die fooie om voertuiglisensies te hernu in die beampte se bankrekening in te betaal. Sy sê die lisensieskyfies is later uitgereik, maar dit was vervalstes: