Korrupsie word voortdurend ondersoek

Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa sê ondersoeke duur onverpoosd voort soos klagtes in kom. Hy sê terwyl daar uitdagings is, stoei ondersoekers voort om sake op te los. Alle sake word geregistreer en daarna word daar eers ondersoek ingestel of die klagte deel vorm van hulle mandaat.