Korrupsie ‘n doring in die vlees van die SAOG-streek

Die vlak van korrupsie en die impak op ekonomiese groei in die SAOG-streek is volgens kundiges ‘n groot uitdaging. Korrupsie lei tot mislukkings van regerings.‘n Voormalige Zimbabwiese kabinetsminister, Eddie Cross, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe erg korrupsie ‘n impak op die buurland se groei het.