Korrupsie besteel almal

Hoofregter Raymond Zondo sê die miljoene Suid-Afrikaanse rand wat weens korrupsie weg-dreineer is, is geld wat bestee moes gewees het om beter vir die land se mense te sorg. Onder die tema Besin oor die uitwerking van korrupsie op die samelewing en die rol van die regbank, het Zondo herhaal dat korrupte individue gierig is en nie ‘n snars omgee vir die belange van Suid-Afrikaners nie. Zondo sê korrupsie en korrupte individue moét in hulle spore gestop word: