Koring-oes in Wes-Kaap het begin… al het al die reën nie gekom nie

Andries Theron van Graan Suid-Afrika het onlangs gesê daar was nog 30 millimeter se reën nodig om ‘n goeie koring-oes in die Wes-Kaap te verseker. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle het nie die gewenste reën ontvang nie maar oestyd het begin en die syfers sal goed vertoon.