Januarie hoor vandag oor sy skadevergoedingsaak

Uitspraak sal na verwagting vandag gelewer word in die saak waar die omstrede taxi-vakbondbaas Werner Januarie die destydse minister van polisie Frans Kapofi, en ander dagvaar vir 74 miljoen Namibiese dollar. Januarie sê in sy eis voor die hof dat hy 37 miljoen dollar as skadevergoeding sal aanvaar as die saak nie verdedig word nie en 150 miljoen Namibiese dollar as die respondente ‘n ligsinnige verdediging voor die hof bring. Hy sê dat hy op 21 Augustus verlede jaar in Dolam, Katutura om vyf-uur die middag aangerand is en in hegtenis geneem is in verband met oortredings van die Covid-maatreëls. Hy meen hy moes ‘n kans gehad het om die maatreëls na te kom voor hy gearresteer is. Die saak word verdedig. Regter Essie Schimming-Chase hoor die aak aan.