Kora-uitspraak weer uitgestel

Uitspraak sou vanoggend in die veelbesproke Kora-hofsaak gelewer word, maar Hoërhofregter Herman Oosthuizen het dit weer uitgestel tot Donderdagoggend 20 Januarie om tien-uur. Die saak handel oor die mislukte Kora-musiektoekennings wat die omstrede Ernest Adjovi in 2016 in Namibië sou hou. Die Namibiese Toerismeraad het 23,5 miljoen Namibiese dollar aan hom oorbetaal vir bemarking van die land. Die geld is reeds in Desember 2015 oorbetaal maar, die toekennings het nooit gebeur nie en die geld is nie, soos deur die kontrakte bepaal, terugbetaal nie.